U & u boerderysake
Die weer kan onvoorspelbaar wees, maar nie ons nie!
In ʼn omgewing wat so onvoorspelbaar soos wat die landboubedryf is, kan die besluit om Mutual & Federal as u versekeringsvennoot te kies die verskil tussen bankrotskap en finansiële oorlewing beteken.
Mutual & Federal Agri bied al byna ʼn eeu lank finansiële gemoedsrus en beskerming teen ʼn verskeidenheid risiko’s vir boere aan. Voortdurende marknavorsing en volgehoue terugvoer van ons kliënte en spesialismakelaars waarborg dat al ons Agri-produkte werklike oplossings vir werklike probleme vir die moderne boer bied.
Gee iets terug
Mutual & Federal Agri is ook by ʼn aantal inisiatiewe betrokke wat daarop gemik is om boere, die georganiseerde landbousektor asook landbouskole te ondersteun. Ons glo dat hierdie voortdurende betrokkenheid onontbeerlik is, aangesien dit ons in staat stel om met die veranderings en uitdagings in die landbou-omgewing tred te hou. Ons glo dat die boere van die toekoms ondersteun moet word, terwyl ons die boere van vandag ondersteun.
Vertrou ons om u boerdery-besigheid te beskerm.
Ontdek meer oor ons spesialis landbouversekeringsprodukte:
AgriPlus Bate-versekering – bied aan die moderne boer landboubate-versekeringsdekking en versekering onder meer vir boerderybedrywighede, lewende hawe en toerusting.
AgriOes-versekering – oesversekering met ʼn duidelike onderskeid tussen direkte gevare en sistemiese gevare.